(0)

Einder

E-book


Einder

Eindelik verby die drentelgrens

van hul twee eensaamhede haal

hy haar, sy hom, weer in en wens

verwonderd om nooit af te dwaal:

hul dae n herhalende begin

n wisseling van vergesigte waar

versperring nie bespeur word, alles glim,

verrassend skoongewas en klaar.

Tog, in n aanval van omsigtigheid

ons leer algaande ons perke ken, sĂȘ hy

herinner hul mekaar aan eindigheid.

En sien die einder weer vergly.